Sterreliggieland is ‘n Christengesentreerde Kleuterskool gestig tot eer van God en tot diens van die gemeenskap. Ouderdeomme: 3 maande tot Gr. R.

In Matteus 5:16 lees ons dat dissipels van Jesus hul lig moet laat skyn. Wanneer ander ons goeie werke sien, word ons Vader in die hemel verheerlik!

Welkom by

Sterreliggieland

Ons fondasie is Christus en die Bybel.

Ons bied 'n gemaklike omgewing.

Ons fokus op motoriese ontwikkeling.

Ons leer deur middel van speel.

Ons bied Afrikaanse onderrig.

Ons leer sterreliggieland foto.

Wie is ons?

Sterreliggieland is ‘n Christengesentreerde Kleuterskool wat in 1989 gestig is tot eer van God en tot diens van die gemeenskap. Ons neem babas vanaf 3 maande tot en met kinders in Graad R.

Opvoeding en onderwys geskied volgens Christelike waardes en Bybelse beginsels met die Woord as basis en Jesus Christus as hoeksteen en is vir alle ouderdomme vanaf 3 maande tot Gr. R.

ONS SKOOL IS WKOD-GEREGISTREERD EN VOLG TANS NKABV (NASIONALE KURRIKULUM- EN ASSESERINGSBELEIDSVERKLARING, ALGEMEEN BEKEND AS ‘CAPS’) IN GRAAD R EN VOOR GRAAD R.

Die kind sal gelei word tot skoolgereedheid en sal die geleentheid gebied word om waar te neem, te ontdek, te eksperimenteer en vaardighede aan te leer sodat hy sy volle potensiaal in Jesus Christus kan bereik en sy plek in die samelewing kan volstaan. Sosiale en emosionele ontwikkeling is van kardinale belang.

Wat glo ons?

By Sterreliggieland wil ons lig wees vir ‘n donker wêreld. Ons wil God se lig en liefde met voorskoolse kinders en hul gesinne deel. En ons glo dat die kinders ook God se lig sal laat skyn sodat meer en meer mense ons Vader leer ken en verheerlik.

Dis vir ons belangrik dat elke kind nie net fisies en kognitief ontwikkel nie, maar ook emosioneel en geestelik groei. In God se lig en liefde is daar vir elke kindjie ‘n plek van geborgenheid. Daarom wil ons ook vir elke kind ‘n veilige tuiste weg van die huis af skep en vir ouers die gerusstelling bied dat hul kosbaarste skatte veilig en gelukkig is.

Sterreliggieland wat glo ons?
Sterreliggieland bible verse

1 JOHANNES 1:5 NLV

Dit is dan die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle meedeel: God is lig en daar is hoegenaamd geen duisternis in Hom nie.


Ons kurrikulum

By Sterreliggieland leer kinders hoe hulle veronderstel is om te leer – deur te speel! Ons volg die NKV* vir 0-4 jariges en die NKABV* vir Graad R, maar is baie gesteld op sensoriese ervaring en motoriese ontwikkeling. Ons is baie trots daarop dat elkeen van die onderwyseresse en assistente gekwalifiseerd is vir hulle onderskeie poste en in staat is om ons kinders uitstekend te onderrig. 
 
Dit is ‘n welbekende feit dat kinders sensories en motories ontwikkel voordat hulle formeel kan leer. Inteendeel, as jy té vroeg begin met take soos lees en skryf, kan dit skade aanrig, want die fondasie daarvoor moet eers gelê word. Dit is die kleuterskool se taak om dié fondasie te lê en dit is waarvoor ons ons beywer. Die volgorde waarin ons leer benader, is sensories en motories, emosioneel en sosiaal en dan kognitief. 
 
Alhoewel ons ‘n program volg en leer struktureer, is ons baie buigsaam. Elke kindjie is vir ons só belangrik en ons neem elkeen se ontwikkelingsvlak in ag sodat ons leermateriaal relevant bly.
 
Hier is leer lekker en ons kinders is gelukkig!
 
*Nasionale Kurrikulumsverklaring
*Nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (algemeen bekend as “CAPS”)
Sterreliggieland curriculum photo
Sterreliggieland pre primary school

Ons klassies

Het jy geweet? Elkeen van ons klassies is vernoem na ‘n skeppingsdag! Op die eerste dag het God die lig geskep (Liggieklas), die tweede dag die hemel (Wolkieklas), die derde dag droë grond (Boompieklas), die vierde dag die son, maan en sterre (Sonnetjieklas), die vyfde dag die seediere en voëls (Voëltjieklas) en op die sesde dag die mens en landdiere (Diertjieklas). Op die sewende dag het Hy gerus – en alhoewel ons baie hard werk in die personeelkamer, is “rus” die tema van ons spasie waar die opvoeders net weer kan kom herlaai. 

Het jy geweet dat Tannie Natasha elke dag tyd neem om vir elke baba te bid?

Het jy geweet dat Tannie Natasha elke dag tyd neem om vir elke baba te bid?

Het jy geweet dat Tannie Hendriena baie lief raak vir elke maatjie in haar klas en hulle elke dag só geniet?

Het jy geweet dat Tannie Hendriena baie lief raak vir elke maatjie in haar klas en hulle elke dag só geniet?

Het jy geweet dat Tannie Jackie spesiaal moeite doen om seker te maak dat elke kind hulle eie unieke eienskappe omarm?

Het jy geweet dat Tannie Leigh 'n absolute aanleg het om vir kinders emosionele intelligensie en sosiale vaardighede aan te leer?

Ons Personeel

Leigh Hancke

Leigh Hancke

Skoolhoof
Leigh ons skoolhoof en Graad R-juffrou (Diertjieklas) is ‘n gekwalifiseerde grondslagfase onderwyseres met 17 jaar ondervinding as Graad R-juffrou by Sterreliggieland. Sy glo dat vroeë kinderontwikkeling nie net gaan oor fisiese en kognitiewe vaardighede nie, maar ook sosiale en emosionele intelligensie. Sy het ‘n werklike passie vir wat sy doen en beskou dit as ‘n roeping en voorreg om hierdie rol te vervul.
Jackie van WYk

Jackie van WYk

Juffrou
Jackie ons graad RR-juffrou (Voëltjieklas) is ‘n gekwalifiseerde taalkundige en onderwyseres en het vir 17 jaar by die Universteit Stellenbosch gewerk as dosent, tolk en kommunikasiespesialis. Sy beskou dit as ‘n absolute vreugde om die kennis wat sy in die praktyk opgebou het oor die jare toe te pas by waarskynlik die belangrikste fase ooit – daar waar die fondasie vir die res van kinders se lewens gelê word.
Hendriena Samson

Hendriena Samson

Juffrou
Hendriena ons juffrou by die 2-4 jariges(Boompieklas en Sonnetjieklas) is gekwalifiseerd in vroeë kinderontwikkeling en is al 16 jaar by Sterreliggieland. Sy het kosbare ervaring by al die ouderdomsgroepe en geniet dit vreeslik baie om haar kreatiwiteit uit te leef saam met die kleintjies.
Inge van Niekerk

Inge van Niekerk

Juffrou
Inge van Niekerk is ons juffrou van die Wolkie-klassie. Sy is tans besig met haar studies in vroeë kinderontwikkeling en is passievol om ‘n veilige omgewing vir kinders te skep waar hulle kan leer en ontwikkel deur spel. Sy was voorheen werksaam by ‘n speelskooltjie wat na plaaswerkers se kinders omgesien het en het ook as au pair en klasassistent vir 3-4 jariges gewerk. Sy neem die verantwoordelikheid van juffrou-mamma baie ernstig op en sien dit as ‘n groot voorreg om met Jesus se pêrels te kan werk.
Christelle Snyman

Christelle Snyman

Sekretaresse
Christelle is sekretarieël gekwalifiseerd en sy is die eerste, vriendelike gesig wat elke pappa, mamma en kind soggens groet by Sterreliggieland! Sy is altyd gereed om te help, te bemoedig en ‘n pleister te plak vir elke maatjie wat ekstra liefde nodig het. Of sy aankope doen, die telefoon antwoord of administrasie afhandel, Christelle skyn vir Jesus!
Katryn Ellers

Katryn Ellers

Assistent
Suzette Langenhoven

Suzette Langenhoven

Assistent
Chantel Boks

Chantel Boks

Assistent
Shahieda Kiewiets

Shahieda Kiewiets

Assistent

Kontakbesonderhede:

Tel: 021 919 3014
Sekretaresse: Christelle Snyman – admin@sterreliggie.org.za of 073 030 1897
Skoolhoof: Leigh Hancke – skoolhoof@sterreliggie.org.za

Bankbesonderhede:

Sterreliggieland
Absa Bank
Takkode: 63 20 05
Spaarrekeningnr: 913 977 4886

@Sterreliggieland. Services 2024. All rights reserved.

Scroll to Top